Preview Mode Links will not work in preview mode

Aug 19, 2020

'n Onbeskryflike gesprek met een van my oudste, heel beste vriende in die heelal... 

Ek en die enigmatiese superforce akteur & skrywer, Ludwig Binge, reminisce oor die intimiteit (en soms kompleksiteit) van vriendskap, grootword, skooljare in verskillende jare maar dieselfde skool, universiteit, identiteit, liefde, verwarring, insecurity, die lewe, dood, karongelukke, euphoria, professional envy, pyn, angs, social media, drome, hoop, die toekoms, ouer word, menswees. En alles anders ook! 😉🎆
 
Een van die emosioneel-intelligentste mense wat ek al ooit ontmoet het (met 'n bonatuurlike fyn waarnemingsvermoë) - ek is onbeskryflik dankbaar vir hoe Ludwig mens laat voel. 
 
Ek het hom op Hoërskool ontmoet (wat seker maar verwarrende jare vir baie mense is) en hy het my help tuis voel. 
In myself, my ego, my onsekerhede. 
 
Iemand wat mense uit die staanspoor met reuse respek hanteer en wie met sensitiwiteit en empatie met álmal en álles omgaan. 
 
Ek het ongelooflike dankbaarheid vir die geduld en lesse wat hy my (dikwels sonder dat hy weet!) oor die jare geleer het.
 
My tjom, mag ons altyd, sóós altyd, deur alle vreugde en pyne aanhou saamlag ⚡️💚
 
Jy is 'n besonderse special mens en ek hoop jou idee van die hemel word waar 💙🐬
 
Ludwig Jar-Jar Machete Binge, ek is MOERSE LIEF VIR JOU MY TJOMMA!! ❤️⚡️🚀🚀🚀