Preview Mode Links will not work in preview mode

Apr 10, 2020

'n Cravenweek-rugbyspeler het tydens oefening sy rug gebreek en moes 'n nuwe lewe oorweeg.

Hy't in finansies en hernubare-energie gewerk, maar was in-en-uit die hospitaal en moes selfs in 'n stadium sy familie en vriende groet.

Die man was op pad uit en het oorleef want hy't, in sy eie woorde, sy MOER GESTRIP vir mense wat nie geglo het hy gaan leef nie... ;-)

Rikus de Beer aka RADIO RAPS aka JOHNATHAN is 'n wonderwerk.

Sy amazing comedy blom uit 'n goedgunstige plek. Die man is nederig, grootgeestig en maak JOU belangrik voel. 'n Mens met 'n vonkel in die oog en die hart van 'n leeu.

Van die Lockdown-extension, 5 karre wat afgeskryf is, sy Bull Terriers en waarmee hy nou alles besig is, Rikus neem vir my en Niel op reis.

Beleef hierdie amazing mens... ⚡️⚡️⚡️

Liefde en krag aan almal.

💚