Preview Mode Links will not work in preview mode

Jul 2, 2021

'Ons maak mekaar moontlik'

"Dana Snyman is 'n naam wat ek al 32 jaar hoor opkom"
- áltyd met waardering, deernis, humorsin, byna 'n tipe magic. Asof die gedagte aan hom, mense 'n vonkel in die oog bring.
(Hy's wel die eerste ou wat sy tekortkominge sal erken.)

Toe Pietie in Desember by twee great ouens, Izak en Jan Malherbe, in Hermanus inkyk, stel Jan vir Dana as gas vir ons podcast voor.
Dana se menslikheid transcend generasies.

Hy's 'n joernalis en skrywer met 'n klomp toekennings en 'n waarnemingsvermoë vir ál die nuanses van menswees.

Ons beskrywende woorde vir hom skiet kort. Dana is anderkant woorde.

In hierdie gesprek reis ons deur sy lewe en kuier in 'n paar van sy hoofstukke. Mag daar nog MOERSE BAIE wees!

'As jy in aanmerking kom vir nóg bewussyn, sal ek nog wil hê.'
Dankie vir jou menswees Dana. Mens voel wraggies met die intrapslag lief vir jou.

Dankie Sean Butler vir jou hulp met die klank in die "vuurtorings".

Luister na Dana, die mensch, hier.

Ps. As jy dit geniet, stuur seblief die link vir 'n vriend!