Preview Mode Links will not work in preview mode

Jul 6, 2020

Pietie probeer beskryf wat Fokofpolisiekar vir hom beteken het. 
Steeds beteken...
Dalk relate jy... Hierdie band, en die bands wat soos familielede van hulle voel, raam só baie oomblikke van betekenis.

Pietie:
Ek was 'n tiener-kind wat vraagtekens as uitroeptekens disguise het. Hoe minder ek sin gemaak het, hoe harder wou ek skree.

Liewe genade.

Deur die begeleiding van julle musiek - rou gees in note immortalize - het julle my al bygestaan deur transcendental euforie, sielswerende verliefdheid, geesverpletterende horries, kners-cringe skaamte, waansinnige skuld, angs, insecurity, selfsugtigheid, self-discovery, self-love, sterk-voel, laag-voel, hoog-voel, nugter-voel, dronk-voel, invisible voel, invincible voel, connected voel, verstaan-voel, verreik-voel, alleen voel, soos ál een voel. 

Soos almal wíl voel.
Alles gelyk voel. 
Vir altyd voel.

Musiek voel soms spiritueel: Asof dit jou verstaan. Gee nie om hoe uniquely weird of freakish of beautiful of horrible jy voel nie, jy voel aanvaar soos jy is. 

Fokofpolisiekar doen dít. 

Gee nie om of jou wese blóm of breek nie, jy kry goedkeuring.

As Francois my hierdie potentially over-familiar gedagte sal gun, hierdie gesprek was asof ek 'n spirit brother ontmoet het. Of uit 'n vorige lewe onthou. 

Een na wie ek nog altyd opkyk. 

Francois is 'n reuse gees in nederige vlees.

Die seun wat Cravenweek-rugby gespeel het, Meneer Belville was, met almal oor die weg gekom het, "te punk vir die rugby kids en te jock vir die punks was" het orals en nêrens ingepas. 

Dalk relate jy...

Baie dankie vir een van die hoogtepunte van my lewe my maat.

💚

*Download gesprek in bio